23 Mei
Gebak
5
Die beoordelaars was gaande oor Wicus se vet, soek broodvarkies.
Deeg
180 ml water (louwarm)
1 e suiker
1 pakkie kitsgis
60 ml olie
250 ml melk
4 k witbroodmeel
2,5 ml sout
eierwas
Vir spek-glanskersies
tandestokkies vir vassteek
olie
streepspek
rooi glanskersies
Vir spek-glanskersies:
1. Voorverhit oond tot 200˚C.
2. Voer bakplaat met foelie uit. Smeer met olie.
3. Rol 1 kersie in streepspek en steek vas met tandestokkie.
4. Pak op bakplaat.
5. Bak vir 5 min en draai om en bak vir nog 5 min.
Deeg:
1. Stel oond terug na 180˚C.
2. Meng die water, suiker en gis tot gis opgelos is.
3. Gooi die olie, melk, meel, sout en giswater in Kenwood staanmenger se bak.
4. Knie met deeghak tot die deeg teen die hak opklim.
5. Bedek met plastieksak en laat rys op die stoof totdat dit dubbel so groot is.
Maak die varkies:
1. Kry groot bakplaat (of 2) reg. Smeer met botter.
2. Klits 2 eiers en hou dit reg in ’n bakkie en kwas om later die varkies te smeer.
3. Maak 10 x 65 g deegballe en maak 10 x 12 g balle vir die kop. Hou oorskietdeeg. Gooi toe met klam vaddoek.
4. Rol 65 g bal plat, plaas spekrolletjie binne in. Vou deeg om die spek en Knysna vas om lyf te vorm. Plaas met die naatkant op die bakplaat.
5. Sit kop aan mekaar; vorm snoet, ore en stert met oorskiet deeg. Heg vas en pak op die bakplaat.
6. Smeer met eierwas.
7. Bak vir 15 – 20 min tot goudbruin en gaar.
8. Maak klein bietjie bruin kleursel aan met water of bruin jel kleursel. Gebruik klein kwassie en teken neusgate en oë op die klaar gebakte varkie.