Verhit oond teen 180 ˚C en voer bakplaat uit met foelie.
Bak die spek tot droog en bros. Breek in stukkies. Meng dit saam met die pretzels en neute. Hou byderhand.
Smeer bakplaat met botter en hou byderhand.
Plaas al die tameletjie-bestanddele in ’n kastrol en verhit oor stadige hitte totdat suiker opgelos het.
Sit deksel op vir sowat 1 minuut sodat kristalle smelt. Kook sonder deksel oor matige hitte vir sowat 30 minute sonder om te roer. Om te toets drup ’n druppel stroop met ’n skoon teelepel op ’n koue piering. Dis reg as ’n harde balletjie vorm. Jy kan ook ’n suikertermometer gebruik en die stroop tot hardebalstadium kook. Oppas, dis vreeslik warm.
Haal pot van die hitte af en gooi die spek-en-neut-mengsel vinnig by en roer so twee keer deur. Sprei uit op die botter-gesmeerde bakplaat en laat afkoel en stol.
As dit koud is, laat val pan om skerwe te maak.
30 May 2018
Nix se pronkkoek met pompelostroop, lemoensmeer en Salticrax-meringue