06 November
12 – 15 muffins
Gebak
500050
Dié muffins, soos voorberei deur koskonsultant Heleen Meyer in Die GROOT Ontbyt, is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer
250 ml Toeka se growwe geel mieliemeel
10 ml bakpoeier
250 ml volkoringmeel (steengemaalde)
2,5 ml paprika of cayenne-peper (na smaak)
2,5 ml sout
250 ml karringmelk
3 ekstra-groot Nulaid eiers (geklits)
60 ml sonneblomolie
410 g suikermielies (geroomde)
45 ml sonneblomsaad
paprika (om bo-op te strooi)
1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n muffinpan deeglik met olie.
2. Plaas die droë bestanddele in ’n mengbak.
3. Klits die karringmelk, eiers en olie saam. Voeg dit by die droë bestanddele en meng met die suikermielies goed deur.
4. Verdeel die beslag tussen die muffinholtes en strooi sonneblomsaad en ekstra paprika oor. Bak vir 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
5. Laat dit vir ’n paar minute in die pan afkoel en keer dan op ’n afkoelrakkie uit.
6. Die muffins is ’n heerlike peuselhappie of pak dit in as deel van ’n kosblik.
Wenke:
1. Nog ’n peuselhappie-idee is om groente en kaas op sosatiestokkies te ryg. Sny komkommer en kaas in blokkies en ryg dit saam met gehalveerde kersietamaties op stokkies.
2. Die muffinbeslag kan ook in klein broodpannetjies gebak word.