web uni tv guide

Tuna-en-eierbakkies

4 Porsies

Gebak

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer tuna-en-eierbakkies voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Kry haar resep hier.

tunasakkies-1
Bestanddele

6 Nulaid eiers

125 ml gaar groenteblokkies van jou keuse

170 g tuna

15 ml Westfalia avokado-olie

5 ml paprika

1 ml sout

suurlemoensap

swartpeper

Metode
  1. Voorverhit die oond teen 180 °C en smeer ‘n muffinpan liggies met olie.
  2. Plaas al die bestanddele in ‘n groot mengbak en roer tot goed gemeng. Geur met suurlemoensap en peper.
  3. Skep die eiermengsel in die muffinpan. Bak vir 15-20 minutes of tot die eier gestol het. Laat effens afkoel en haal dan uit. Laat heeltemal afkoel.
  4. Sit voor as ligte middagete of as deel van ‘n kosblik.

 


Die resep word met trots aangebied deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, JOYA® Appels en Westfalia Fruit Products.

 

Plaatkoekies-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-02-16

Heuning-plaatkoekies

Gewildste Resepte