kyknet channel logo

Tamatie- en brietert

13 Desember

Gebak

4

Soos gesien in 'n episode van Terwyl ek wag

TAMATIE  EN BRIETERT  – Terwyl ek wag
Bestanddele

1 vel Bevrore skilferkors ontdooi

2 eetlepels Tamatiekonfyt

250 g Brie direk uit yskas

2 Eiers

1 Eiergeel

1/2 koppie Melk

2 groot Tamaties in dun skywe gesny

Seesout

Swartpeper grofgemaal

Metode
  • Rol deeg uit tot groot genoeg om bodem en kante van 22cm of 23cm losboompan te voer
  • Laat sak deeg oor pan en sorg dat bodem en kante bedek is, vul met kombuis-albasters of droë bone tot bo (’n vel bakpapier kan eers ingesit word), sny rante gelyk met bokant van pan
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 10 minute
  • Haal uit oond en verwyder albasters (en bakpapier indien gebruik)
  • Smeer konfyt oor bodem
  • Sny Brie in klein blokkies en strooi oor bodem
  • Klits eiers en eiergeel met melk, geur met 1/2 tlpl sout en 1/2 tlpl peper, gooi oor kaas
  • Pak tamatieskywe bo-oor, laat oorvleuel en bedek hele bokant
  • Bak in oond teen 170˚C tot goudbruin, ongeveer 35 minute
  • Laat afkoel vir te minste 20 minute voordat pan losgemaak word

Gewildste Resepte