kyknet channel logo

Suurlemoenkoekies met geroosterde amandels

30 November

30 koekies

Gebak

4

Soos gesien in 'n episode van Toegang

IMG 6837
Bestanddele

120 g Sagte botter

3/4 koppie Suiker

1 teelepel Vanielje-ekstrak

1 Eier geklits

160 g Zucchini fyngerasper

1/2 Suurlemoenskil gerasper

2 1/2 koppies Bruismeel

1 teelepel Bakpoeier

1 knippie Sout

Vir die versiersel:

24 Amandels

1 knippie Seesout

2 koppies Versiersuiker

3 eetlepels Suurlemoensap

Water

Metode
  • Verroom botter, suiker en vanielje in mengbak
  • Meng eier by
  • Roer zucchini en skil by
  • Meng meel, bakpoeier en sout saam
  • Meng by zucchini-mengsel
  • Voer bakplaat met bakpapier
  • Drup teelepelsvol beslag op bakplaat, net 6 op ’n slag, so ver as moontlik van mekaar
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) tot ligbruin, 8 tot 9 minute
  • Verwyder uit oond en laat staan vir te minste 5 minute
  • Laat heeltemal afkoel op draadrak
  • Versier met suurlemoenversiersel en amandels

Vir die versiersel:

  • Sny elke amandel in die dwarsste in 5 stukkies
  • Verhit amandels met knippie sout oor medium hitte, roer totdat dit net begin verbruin, laat afkoel
  • Sif versiersuiker in mengbak
  • Roer suurlemoensap by en meng
  • Voeg teelepels water by indien nodig om ’n gladde, maar nie te loperige versiersel te kry
  • Drup teelepelsvol oor koekies en strooi dadelik amandels oor
DRUIIWE, DRIE KEER
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Druiweslaai

Gewildste Resepte