web uni tv guide

Portugese vla-tertjies

28 Maart

4 Porsies

Gebak

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt is dié heerlike Portugese vla-tertjies voorberei. 

Die-GROOT-Ontbyt-1
Bestanddele

1 rol skilferkorsdeeg

500 ml room

500 ml melk

1 kaneelstokkie

4 eiergele

2 heel eiers

15 ml mielieblom

150 g strooisuiker

5 ml vanielje-ekstrak

Metode

 

  1. Rol skilferkors bietjie dunner uit. Druk 'n groot sirkel uit.
  2. Druk in gesmeerde muffinpanne vas.
  3. Bring room, melk en kaneel tot kookpunt.
  4. Klits eiers, mielieblom, suiker en vanilla saam.
  5. Gooi melkmengsel deur ‘n sif by eiermengsel en klits goed.
  6. Plaas terug op stoof en laat stadig prut. As die mengsel eers begin kook, haal af en gooi in maatbeker.
  7. Gooi vlamengsel in skilferkors bakkies.
  8. Bak vir 10 min teen 230 °C. Draai oond dan af en bak teen 200 °C vir 15 tot 20 min of tot goudbruin.
  9. Laat 5 min in pannetjies staan voor jy hulle uithaal. Laat afkoel.