web uni tv guide

Tuisgemaakte Mayonnaise

18 Januarie

4 Porsies

Ongebak

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Suzaan Crozier parmesaan-en-zucchini-skyfies en tuisgemaakte Mayonnaise voorberei. Kry haar resep hier.

Die-Groot-Ontbyt-1
Bestanddele

Parmesaan-en-zucchini-skyfies:

2 medium zucchini

1/4 k Crackerbread-beskuitjies

1 k parmesaankaas

1 t knoffelsout

sout

peper

1 eier

2 e vars pietersielie

Tuisgemaakte Mayonnaise:

2 eiergele

30 ml suurlemoensap

2 ml knoffel

30 ml kruie

sout na smaak

250 ml olie

Metode

Vir die tuisgemaakte mayonnaise:

  1. Voeg 'n knippie sout by eiers en klop tot romerig.
  2. Voeg olie druppel vir druppel by terwyl jy voortdurend klop. Voeg nóg olie by slegs wanneer daar geen olie ronddryf nie.
  3. Voeg een teelepel suurlemoensap by en klits verder.
  4. Herhaal proses totdat suurlemoensap en olie heeltemal absorbeer.
  5. Voeg nog suurlemoensap en sout by na smaak en klits verder.
  6. Voeg knoffel en kruie by en stoor.

Vir die parmesaan-en-zucchini-skyfies:

  1. Voorverhit oond teen 200 ˚C.
  2. Plaas bakpapier op 'n groot bakplaat.
  3. Spoel zucchini, verwyder beide punte en sny in skywe. Plaas in koljander.
  4. Voeg Crackerbread-beskuitjies in voedselverwerker en maal fyn. Plaas in 'n bak.
  5. Rasper parmesaankaas fyn en voeg by fyngemaalde beskuitjies.
  6. Voeg sout en peper by, sowel as knoffel en sout en meng goed saam.
  7. Voeg eier in 'n aparte bak en klop.
  8. Plaas zucchini in geklitste eier, en dan in beskuitjie-mengsel, en plaas op bakplaat.
  9. Voorverhit oond en bak vir 15 tot 20 minute – draai om na 15 minute.
  10. Bedien met doopsous van keuse.
Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-12-15

Appel-en-kaneel-plaatkoekies

Gewildste Resepte