web uni tv guide

Omelet-rolletjies met maaskaas en songedroogde tamaties

6 Porsies

Gebak

Hierdie omelet-rolletjie resep is tydens 'n uitsending van Die GROOT Ontbyt gemaak. Kry die resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-1-1
Bestanddele

4 - 6 songedroogde tamaties

250 ml gladde maaskaas

sout

peper

6 eiers

30 ml olyf- of avokado-olie

handvol spinasieblare

Metode

Omelet-rolletjies:

  1. Plaas songedroogde tamaties in ‘n glasbak en bedek net met kookwater. Laat vir ongeveer 1 uur staan, of tot heeltemaal sag. Meng met ‘n stokmenger tot glad. Roer maaskaas by tot ‘n gladde mengsel en geur met sout en peper.
  2. Klits 1 eier per omelet en geur met sout en peper.
  3. Verhit ‘n dun lagie olie oor matige hitte in ‘n braaipan (AMC 20 cm Skillet), en bak ‘n dun omelet tot goudbruin en gestol. Draai om en bak vir ‘n minuut aan die ander kant. Skep uit en herhaal met die oorblywende eiers.
  4.  Smeer die maaskaasmengsel oor die omelette en plaas spinasieblare bo-oor. Rol op en sny in dik skyfies. Druk ‘n tandestokkie deur elke skyfie om dit bymekaar te hou, as jy dit sou verkies. Sit voor as deel van ‘n peuselhappie-bord of ‘n kosblik.

 

Wenk: Vul die rolletjies met ‘n verskeidenheid bestanddele. Avokado, tuna of peperwortel sal heerlik wees. Gebruik altyd die maaskaas as basis, sodat dit help om die vulsel in plek te hou as dit opgerol word.

 

Groentestokkies

  1. Idee uit Cooking from the heart 3: Ryg stukkies vrugte en groente op stokkies met kaasblokkies en pak in ‘n kosblik of sit voor as peuselhappies. Komkommer, druiwe en tamaties werk goed.

 


Met trots geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, JOYA® Appels en GLAD SA met Chux®

 

Die-GROOT-Ontbyt-1-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-28

Beskuit met sade en Vark-en-appelslaai

Gewildste Resepte