web uni tv guide

Madeirakoek

16 November

4 Porsies

Gebak

4

Hier is die resep vir madeirakoek, wat tydens ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.

EVN2-Ep06-MADEIRAKOEK-1
Bestanddele

Koek

175 g sagte botter

175 g strooisuiker

3 eiers

1 t vanielje-ekstrak

200 g bruismeel

1 t bakpoeier

knippie sout

50 g amandelmeel

fyngerasperde skil van suurlemoen

Stroop

1 k water

140 g suiker

4 cm vars gemmer

2 ster-anys

1 kaneelstokkie

sap en skil van 1 lemoen

Metode

Koek

  1. Verroom botter en suiker tot lig.
  2. Klits eiers een-een by.
  3. Klits vanielje by.
  4. Sif meel, sout en bakpoeier saam.
  5. Meng by eiers.
  6. Meng amandelmeel by.
  7. Meng skil by.
  8. Skep in kleefvrye ringpan.
  9. Bak in oond teen 170 ˚C vir 55 minute.
  10. Laat afkoel vir 15 minute.
  11. Keer uit op draadrakkie en laat verder afkoel.
  12. Plaas op opdienbord.

Stroop

  1. Laat prut saam vir ongeveer 10 minute.
  2. Gooi warm stroop deur sif.
  3. Gooi oor koek.
EVN2-Ep06-SITRUSROOMYS-1
Edik van Nantes Kie About
2016-11-16

Sitrusroomys

Gewildste Resepte