kyknet channel logo

Lemoenskilkoekies

09 November

32 koekies

Gebak

3

Soos gesien in 'n episode van Toegang

IMG 7109
Bestanddele

125 g Sagte botter

2/3 koppie Ligte bruinsuiker

1 teelepel Vanielje-ekstrak

1/2 koppie Lemoenmarmelade

1 Lemoenskil gerasper

2 eetlepels Lemoensap

1 eetlepel Lemoenlikeur

1/2 koppie Versuikerde sitrusskil in klein blokkies gekap

2 koppies Bruismeel

1 teelepel Bakpoeier

1 knippie Sout

1 koppie Okkerneute grof gekap

Metode
  • Verroom botter, suiker en vanielje in groterige mengbak
  • Voeg marmelade, vars skil, sap, likeur en versuikerde skil by 
  • Meng goed
  • Roer meel, bakpoeier en sout by 
  • Meng okkerneute by
  • Gebruik hande on deegbal te vorm, bedek en plaas in yskas vir 20 minute
  • Voer twee of meer bakplate met bakpapier
  • Rol deegballetjies van 3 cm deursnee
  • Plaas 8 balletjies op ’n bakplaat en druk effens plat met vurk
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) tot goudbruin, 8 tot 9 minute
  • Verwyder uit oond en laat staan vir 5 minute
  • Rangskik op draadrak om heeltemal af te koel
IMG 6912
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Sjokolade-Pekkanneut-Kraterkoekies

Gewildste Resepte