kyknet channel logo

Korslose botterneut en uiepastei

Gebak

3

Soos gesien in die derde episode van Terwyl ek wag

Botterneut en Uie Pastei – Terwyl ek wag
Bestanddele

1 heel Knoffelbal

500 g Botterneut

300 g Broccoli

3 Medium uie grofgekap

2 eetlepels Druiwepitolie

12 Jong tamaties

Seesout

Swartpeper grofgemaal

160 g Gouda gerasper

5 Eiers

3/4 koppie Vars room

1/2 koppie Vars pietersielie gekap

Metode
  • Draai knoffelbal in foelie en bak in oond teen 180˚C vir 50 minute
  • Karamaliseer uie met druiwepitolie in kastrolletjie oor lae hitte, ongeveer 40 minute
  • Sny botterneut in blokkies en stoom tot gaar maar ferm
  • Sny broccoli in stukkies en stoom tot gaar maar ferm
  • Skep uie op bodem van 23cm ronde pasteibak of diep oondvaste tertbak
  • Skep botterneut en broccoli bo-oor
  • Sny tamaties in helftes en skep vloeistof uit
  • Strooi tamaties bo-oor
  • Geur met sout en peper
  • Strooi kaas bo-oor
  • Druk vlees van knoffel uit in mengbak
  • Voeg eiers, room en pietersielie by, klits goed
  • Geur liggies met sout en peper en gooi bo-oor groente
  • Bak in oond teen 175˚C (waaier) tot goudbruin, 40 tot 50 minute
  • Laat afkoel
  • Sny in skywe en bedien louwarm of teen kamertemperatuur
Untitled design (11)
Wanderlus – Poster
Sub Titel

Vonkel wyn, knoffel en room mossels

Gewildste Resepte