02 Mei
Gebak
4
Carla is vandeesweek se episode-wenner en het ’n vertroude resep ingespan vir die ‘sê-dit-met-brownies-uitdaging’. Die beoordelaars was gaande oor haar byvoeging van vars gemmer en sitrusskil – smake wat baie goed by sjokolade pas.
2 k wit suiker
4 eiers
1 k kakao
1 k meel
1 k olie
1 t vanielje
knippie sout
1/2 k donker sjokolade (gekerf)
1/2 k pekaneute (gekap en gerooster)
30 g sitrusskil (gemengde)
90 g glanskersies
1 t vars gemmer (gerasper)
1. Voorverhit oond tot 180°C.
2. Verroom die eiers en suiker saam tot lig en romerig. Wenk: Hoe langer jy dit klits, hoe ligter is die tekstuur.
3. Sif die droë bestanddele saam en voeg die res van die bestanddele by.
4. Verdeel die beslag in twee en voeg die neute en sjokolade by die een en gemmer, sitrusskil en kersies by die ander.
5. Bak dit apart in twee 20 cm - 20 cm oondvaste bakke vir 30 minute.