web uni tv guide

Appel-bessie-poeding in ’n pan

06 Desember

Gebak

2

Probeer gerus dié heerlike poeding-resep, soos voorberei in ’n episode van Edik van Nantes 3.

EVN-AppelBessie-Resep
Bestanddele

3 groen appels in skywe gesny

2 k bloubessies vars of gevries

1 e suurlemoensap

8 e suiker

½ k water

1 k bruismeel

½ k amandelmeel

1 t bakpoeier

1 knippie sout

2 e botter gesmelt

½ k karringmelk

1 t kaneel fyn

Metode
  1. Plaas appels, bloubessies, suurlemoensap, 4 eetlpl suiker en ½ kp water in pan en laat prut oor medium hitte vir 5 minute.
  2. Meng bruismeel, amandelmeel, bakpoeier, sout, 2 eetlpl suiker, botter en karringmelk in mengbak.
  3. Skep 8 groot lepels beslag bo-op appels in pan.
  4. Meng 2 eetlpl suiker met kaneel en sprinkel bo-oor beslag.
  5. Plaas deksel op of bedek met foelie en laat kook oor lae hitte vir ongeveer 15 minute.
  6. Bedien warm.
Edik-van-Nantes
Edik van Nantes Kie About
2017-11-29

Vyebrood

Gewildste Resepte