Francois beskryf homself as ’n local van Struisbaai wat die seewaters en braaivleisvuur ewe goed ken. Hy vervaardig selfs sy eie braaitoerusting. Francois is ’n uitgesproke man met sterk opinies, en alhoewel hy 50% gehoorverlies het, hou dit hom nie terug om voluit te leef nie.