web uni tv guide
Dierepraters Showpage Billboard 1600x800
web uni tv guide

Dierepraters

144NatuurPG

seisoen

1

Dierepraters Poster 320x480

OOR DIE PROGRAM

Daar is ’n groep mense wat die gawe het om met diere te kan kommunikeer. Om met diere te kommunikeer is ’n eeu-oue kuns wat die afgelope tyd weer momentum en belangstelling gekry het. Hoewel die talente van hierdie spesialiste gesien word as esoteries en as’t ware geheimsinnig, is heelwat van hulle tegnieke gegrond in wetenskap – van homopatie tot geometrie, van kinetika tot lyftaal.

S1 | E13
20 Oktober 20:00
'S1/E13 of 13'. Diereprater Hettie praat met Lorette Knowles-Taylor se katte, Enid kuier by Helani Olivier en Soif en di...

Dierepraters gee ‘n blik op kommunikasie met diere

News
28 Junie 2021
Dierepraters begin Woensdag 28 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)
Dierepraters Showpage Billboard 1600x800

Daar is ’n groep mense wat die gawe het om met diere te kan kommunikeer. In die nuwe reeks Dierepraters, vanaf Woensdag 28 Julie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) leer ons van hierdie fassinerende mense ken.

Om met diere te kommunikeer is ’n eeu-oue kuns wat die afgelope tyd weer momentum en belangstelling gekry het. Hoewel die talente van hierdie spesialiste gesien word as esoteries en as’t ware geheimsinnig, is heelwat van hulle tegnieke gegrond in wetenskap – van homopatie tot geometrie, van kinetika tot lyftaal.

Die aanbieder van die program is Daniah de Villiers, ’n aktrise en diere-aktivis, met Hettie Richter, ’n dierekommunikeerder, wat haar bystaan. In elk van die episodes sal daar ook gepraat word met spesialiste in hulle onderskeie velde en sal kykers sien watter tegnieke gebruik word om te sien wat huisdiere én wilde diere dink en hoekom hulle reageer soos hulle doen. Die reeks sal ook fokus op die impak wat mens en dier op mekaar het.

“Ek kan nie my lewe sonder diere indink nie,” sê Daniah. “Hulle bring soveel vreugde en het sulke opregte harte. Die een plek waar ek werklik myself kan wees, is wanneer ek by diere is.”

“Soos ons is diere ook deur God geskape en soos ons het hulle elkeen ’n doel in die lewe,” sê Hettie. “Diere het nie pretensies nie. Hulle word nie deur ego gedryf nie. Hulle herinner ons aan aspekte van ons siel wat ons vergeet het. Ek glo aan wedersydse respek vir die diereryk, veral vir diere naby aan ons wat ons help om ons las te dra.”

Hettie sê sy het ingestem om die program te doen om mense se persepsie te verander. “Dit gee die kyker ’n blik op my lewe en wys dat diere ook emosionele wesens is. Dit gee ’n kykie na sessies waar eienaars leer om hulle diere beter te verstaan. Elke dier het sy eie persoonlikheid en dit raak soms komies om dit van hulle perspektief te sien.”

Benewens Hettie is van die dierepraters wat kykers in die reeks gaan leer ken die gespesialiaseerde kinesioloog Annalize Carelse wat onder meer katte wat sukkel met jaloesie help en Enid Fox wat wat haar tegnieke met kykers deel, onder andere hoe om diere en eienaars te help wanneer diere uitgesit moet word. Daar is ook bekendes wat ’n draai in die program gaan maak soos Suid-Afrika se eie ‘lion-whisperer’ Kevin Richardson;  wêreldgerekende Anna Breytenbach en Groen Namibië se Marlice van Vuuren oor verhoudings tussen mens en dier,  en selfs die akteur Neels van Jaarsveld en sy worshond wat meer oor liefde tussen mens en dier gaan praat.

Dierepraters begin Woensdag 28 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Nog Programme

Die groot niks S2 Poster

Die Groot Niks

18:00 | 19 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Jan Braai S14 Poster

Jan Braai Vir Erfenis

19:30 | 19 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Fiesta S26 Poster

Fiësta

18:00 | 20 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
kykNET_enuus_poster_2024

eNuus

18:30 | 20 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Se Jou Se

Sê Jou Sê

19:00 | 20 Okt
web uni tv guide
Kanaal
145
Kwela S26 Poster

Kwêla

19:00 | 20 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Su-an (en so aan) sluit aan by Die GROOT Ontbyt

Die GROOT Ontbyt

06:00 | 21 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
1 Spoor avonture S1 Poster

1 Spoor Avonture

17:30 | 21 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 21 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Binnelanders S14 Poster

Binnelanders

19:30 | 21 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Skemergrond

Skemergrond

19:30 | 21 Okt
web uni tv guide
Kanaal
145
banana air

Banana Air

20:00 | 21 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
My Naam is Farah

My Naam Is Farah

20:00 | 21 Okt
web uni tv guide
Kanaal
145
Op pad met my potjie

Op Pad Met My Potjie

21:30 | 21 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Lat wiel S31 Poster

La't Wiel

17:30 | 22 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Nêrens, Noord-Kaap

Nêrens, Noord-Kaap

20:00 | 22 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Laataand by Rian S3 Poster

Laataand By Rian

21:00 | 22 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Koppieteefontein S6 Poster

Koppieteefontein

21:30 | 22 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Met n huppel in die stap S15 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 23 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Rian van Heerden

Wie Word 'n Miljoenêr?

20:00 | 23 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Lottoland help n dorp S3 Poster

Lottoland Help 'n Dorp

21:30 | 23 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Glam Guru S23 Poster

Glam Guru

17:30 | 24 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Vat jou goed en trek S11 Poster

Vat Jou Goed En Trek

17:30 | 25 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Waar daar n wil is S1 Poster

Waar Daar 'n Wil Is

18:30 | 25 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144