Logo

Amptelike Lokprent – Noise & Neighbours

Video
13 Junie

Noise & Neighbours is die storie van ’n verveelde dogtertjie en ’n man wat moed opgegee het. Bolelo, die dogter van ’n werkende enkelma, bring haar dae alleen deur. Helmut is die buurman in die woonstel onder hulle. Hy verwyl wat oor is van sy lewe voor die TV. Toe Bolelo ’n klavier vir haar verjaarsdag kry, veroorsaak dit konsternasie. Wanneer sy klavier speel, stamp ’n omgekrapte Helmut met ’n besemstok teen die plafon en eis dat sy ophou om sy rus te versteur. Geleidelik verander hulle stryery egter in ’n gesprek. Hulle word vriende wat mekaar nooit ontmoet nie, maar tog altyd, deur dik en dun, daar is vir mekaar. #Silwerskermfees