web uni tv guide
Welvaartskeppers
web uni tv guide

Welvaartskeppers

144FinansiesPG13

seisoen

1

Welvaartskeppers

OOR DIE PROGRAM

In die nuwe finansiële reeks reis PJ en Geo Botha die land deur om alle moontlike strategië van hoe mense vir hulleself welvaart kan skep te ondersoek.

S1 | E13
30 Junie 17:30
'S1/E13 of 13'. Hierdie week vra Geo en PJ: Wanneer is genoeg, genoeg? Hulle gesels met prof Mias de Klerk van die Unive...

Die Botha’s deel hulle kennis – Welvaartskeppers

News
23 Maart 2022
Skakel vanaf Donderdag 7 April 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) in vir Welvaartskeppers.
Welvaartskeppers

Werk jou geld vir jou, selfs in hierdie onseker tye waarin dit voel asof jou sente net nie ver genoeg kan strek nie? Kan mens werklik nog jou eie welvaart skep? En wat is nodig om dit te kan doen?

In hierdie nuwe finansiële reeks, Welvaartskeppers – vanaf Donderdag 7 April 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) – gaan die broers PJ en Geo Botha deur die land reis en in diepte kyk na al die moontlike strategieë oor hoe mense welvaart vir hulleself kan skep. Hulle gaan met top-entrepreneurs in verskillende velde praat en kykers vertel van die kritiese besluite wat hulle self moes neem om bo uit te kom.

“Suid-Afrika is ’n land vol moontlikhede en potensiaal,” sê PJ. “Tog sit ons met ’n rekord-hoë werkloosheidsyfer en verskeie ander unieke uitdagings in ons land. As welvaartbestuurders het ons gesien dat daar steeds persone is wat nie net vir hulleself welvaart skep nie, maar ook geleenthede vir ander skep. Vir hierdie reeks het ons gaan uitvind hoe hulle dit regkry en ons wil graag hierdie kennis met kykers deel.”

“Ons is passievol oor ons land, ons taal en om finansiële kundigheid aan ander oor te dra,” sê Geo. “In Welvaartskeppers kon ons al die faktore kombineer en as ons ’n verskil kan maak aan net een persoon se denkwyse, het ons in ons doel geslaag.”

“As Suid-Afrikaners is nie nodig vir ons om vir die res van die wêreld terug te staan nie,” voeg PJ by. “Ons het ongelooflike talentvolle en hardwerkende individue. Ons is gewoond daaraan om gereeld struikelblokke te oorkom en dit maak ons net nog sterker.” 

Geo het ’n B.Comm-honneursgraad in interne ouditkunde asook ’n diploma in finansiële beplanning. PJ is ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester. Hulle pa, Dr. Riaan Botha, gaan ook elke week ingeroep word om wenke oor finansiële bestuur te gee. Die Botha’s het dus meer as genoeg kennis om met kykers te deel.

Van die episode-tema’s sluit in “Moet ek my passie volg om welvaart te skep?”, “Het jy ’n formele kwalifikasie nodig om welvaart te skep?”, “Cryptogeldeenhede as ‘n nuwe bron van inkomste” en “Wanneer is genoeg, genoeg”.

Skakel vanaf Donderdag 7 April 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) in vir Welvaartskeppers.

Nog Programme

Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Diepe waters S3 Poster

Diepe Waters

18:30 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Skemergrond

Skemergrond

19:30 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
145
Binnelanders S14 Poster

Binnelanders

19:30 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Moederhart telenovela

Moederhart

20:00 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
145
banana air

Banana Air

20:00 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Nêrens, Noord-Kaap

Nêrens, Noord-Kaap

20:00 | 08 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144

Jy sal ook hiervan hou

Kwela S26 Poster

Kwêla

01:00 | 06 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Elwira, ’n bekende Pinkster-sangeres, volg vir Jonathan Rubain op wat ná vier jaar en 268 episodes die tuig neergelê het.

Koortjies Met Elwira Standili

19:00 | 06 Okt
web uni tv guide
Kanaal
145
Laataand by Rian S3 Poster

Laataand By Rian

21:00 | 08 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Koppieteefontein S6 Poster

Koppieteefontein

21:30 | 08 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Waar daar n wil is S1 Poster

Waar Daar 'n Wil Is

18:30 | 11 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144