web uni tv guide
web uni tv guide

Suidooster

144Soap13
Schalk Smit

Schalk Smit

Vertolk deur Edwin van der Walt. 

Schalk is ’n beleggingsportefeuljebestuurder by T&M Holdings wat aan die miljardêr Tiaan du Toit behoort. Schalk se groot droom is om ’n dollar-miljoenêr te word en niks sal in sy pad staan om dit te bereik nie. Op die oog af is hy warm en vriendelik, maar onder alles skuil ’n sakeman wat nie bang is om kanse te vat nie. Hy is trots op sy rugbyspelende seun, verdra sy rebelse dogter en het ’n komplekse verhouding met sy vrou. Schalk is oorspronklik van Kimberley en smag daarna om tot die binnekring van Stellenbosch se elite toegelaat te word.