web uni tv guide
web uni tv guide

Suidooster

144Soap13
Marx

Marx

“Ek is opsoek na ’n vrou wat mooier van binne is as van buite…”

Klik op ‘LEES MEER’ indien jy meer wil weet van Marx.

 


OUDERDOM: 24
KINDERS: Geen
KWALIFIKASIE: BCom Rekeningkunde, Bagric Landbou Ekonomie
BOERDERY: Skaap- en beesboerdery
AREA: Barkly-Oos, Oos-Kaap
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Ongetroud
LENGTE: 1,80 m

OPSOEK NA: 

’n Dame wat ’n sterk geloof het en glo in die regte aspekte van die lewe. Iemand wat kan lag, en se hande nie bang is om vuil te word nie. ’n Vrou wat mooier van binne is as van buite as ook ’n intelligente person is.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ek is Marx, die 4de generasie wat kom boer het nadat ek my studies in BCom Rek en BAgric Landbou Ekonomie voltooi het. Ek het in my finale jaar as navorsingsassistent by die Landbou Ekonomie-departement by Kovsies gewerk.

Ek is ’n baie ernstige persoon as dit by die belangrike goed in die lewe kom, maar is ’n mens vol grappies wat hou van lag en vriendelik wees.

Ek is die middelste kind van drie, het ’n ouer suster en ’n jonger broer. Ek is erg oor my familie, maar is wel ’n persoon wat dit nie so maklik wys nie. Ons is almal op die plaas groot gemaak en het vir ’n tyd in die dorp skool gegaan totdat ons later in Bloemfontein skool gegaan het.

My groot liefde was, en sal altyd, die plaas bly, en my passie is vir die Merino skaapras waarmee ons boer. In my spaartyd geniet ek dit om motorfiets te ry, bietjie te hengel en tyd saam vriende om ’n lekker warm vuur te spandeer. Vriende is vir my ’n belangrike aspek van die lewe en loop hand aan hand met familie.

 

Tans boer ek saam met my pa op ons grond en help ’n ander boer deeltyds uit om sy boerdery en voerkraal te bestuur. Ek het vanjaar plaas toe gekom om te help met die boerdery en my wortels te begin vestig na my pa in einde 2016 sy rug gebreek het en nie meer alles self kan doen op die plaas nie.

Ek sien uit vir nuwe en opwindende goed in my lewe, en dus het ek myself verlede jaar belowe as ek enkellopend is en plaas toe kom gaan ek iets uit my gemaksone doen en die kans waag en inskryf vir Boer Soek ’n Vrou.

BELANGSTELLINGS:
Motorfiets ry, hengel, 4 x 4 ry, braai en die boerdery.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Om mekaar te vertrou, deel soort gelyke sieninge oor die lewe en dat aardse goed nie belangrik is nie

BESTE EIENSKAPPE:
Goedhartig, gelowig, behulpsaam.

SLEGSTE EIENSKAPPE
Ek krop maklik goed op. Ek kan soms geïrriteerd raak. Ek is ongeduldig.

IS DIÉ BOER ROMANTIES/WAT IS SY IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
As dit vir die regte persoon is, ja. ’n Ster-gevulde aand in die middel van die veld met ’n piekniek of malvalekkers-braai agter op ’n bakkie.

IS MARX DIE MAN VIR JOU? SKRYF DAN VIR HOM ’N BRIEF!