Logo
Boer soek 'n vrou 16
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

seisoen

16

15

Ontmoet die boere

Sestiende oes van "Boer soek ’n vrou" op pad

News
19 Junie 2024
Kykers sal vanaf Julie die liefdesreis van hubare boere kan volg.
Marciel Hopkins

Plaasjapie se stadsjapies maak binnekort plek vir boere wat soek na liefde wanneer Boer soek ’n vrou se 16de seisoen in Julie op kykNET begin.

Soos voorheen sal dié gewilde maatsoekreeks, wat uit 13 episodes bestaan, grootliks fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het. Kykers sal dan dié hubare boere se opwindende liefdesreis volg.

Boer soek ’n vrou het sedert 2008 ’n móét-kyk afspraak op die Suid-Afrikaanse televisiekalender geword en tientalle boere het al deur hierdie reeks hul lewensmaats ontmoet. Só het drie van die topvyf boere van 2023 se Boer soek ’n vrou, Francois, Hennie en Louis B, intussen met hul pasmaats getrou.

Marciel Hopkins keer ook vir ’n vierde keer as aanbieder van die reeks terug.

Haar voorgangers sluit Leah van Niekerk, Minki van der Westhuizen, Nadia Beukes, Angelique Gerber en Elma Postma in.

Die ouderdom van 2024 se boere wissel tussen 23 en 40, en hulle kom van ses provinsies.

Boer soek ’n vrou begin op Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) en sal op DStv Stream ook beskikbaar wees.

2024 se tien boere:

André, 31 (Vroulike pasmaat)

Vee-wild-en-pekanneutboer

Naboomspruit, Limpopo

 

Daandré, 26 (Vroulike pasmaat)

Groente-boer

Brits, Noordwes

 

Hendri, 31 (Vroulike pasmaat)

Skaap-en-beesboer

Dewetsdorp, Vrystaat

 

Jacques, 26 (Vroulike pasmaat)

Skaap-en-beesboer

Venterstad, Oos-Kaap

 

Janco, 37 (Vroulike pasmaat)

Bees-skaap-en-wildboer

Colesberg, Vrystaat

 

JW, 23 (Vroulike pasmaat)

Appel-peer-en-skaapboer

Villiersdorp, Wes-Kaap

 

Lulani, 40 (Vroulike pasmaat)

Bees-en-skaapboer

Philippolis, Vrystaat

 

Niel, 30 (Vroulike pasmaat)

Saai-en-veeboer

Dannhauser, KwaZulu-Natal

 

Quintus, 38 (Vroulike pasmaat)

Vee-en-saaiboer

Winburg, Vrystaat

 

Sanel, 39 (Manlike pasmaat)

Bees-en-wildboer

Dwaalboom, Limpopo

Jy sal ook hiervan hou

DStv Catchup
Lottoland help n dorp S2 Poster

Lottoland Help 'n Dorp

17:00 | 07 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Fiesta S26 Poster

Fiësta

18:00 | 07 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
Voetspore S13 Suid Amerika

Voetspore

20:00 | 07 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Emo Adams in Oppi Noot

Oppi Noot

01:30 | 08 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
4x4 met Andre S3 Poster

4x4 Met André

17:30 | 08 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
Bolhuis beslis

Bolhuis Beslis

21:00 | 09 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Met n huppel in die stap S15 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 10 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Plaasjapie

Plaasjapie

20:00 | 11 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Anzel in die Boland S4 Poster

Anzél In Die Boland

18:30 | 12 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
Ysters op die landgoed S2 Poster

Ysters Op Die Landgoed

18:30 | 13 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144