web uni tv guide
Plaasjapie

Om jou sout werd te wees – Plaasjapie

Nuus
05 Junie 2024
Elke week spook die stadsjapies dinge uit om gekroon te word as die tweede “Plaasjapie”, maar hoekom is dit so belangrik om jou sout werd te wees?
Plaasjapie S2 sout article

Om jou “sout werd te wees” is ‘n gesegde wat elke liewe Suid-Afrikaner maar al te goed ken, maar hoekom was sout so belangrike kommoditeit gewees in die verlede?

·      Sout, oftewel, natrium is lewensbelangrik vir die mens se voortbestaan. Jou liggaam produseer nie natuurlik natrium nie en daarom is dit belangrik om sout in te neem deur middel van jou voedsel vir jou selle om vog te absorbeer.

·      Die antieke Egiptenare was die eerste persone wat besef het jy kan sout gebruik om voedsel mee te preserveer, hulle het selfs ‘n stappie verder gegaan en het vir ‘n tyd lank al hulle mummies gepreserveer in sout!

·      Voordat die tegnologie bestaan het om sout op grootmaat te “oes”, was dit ‘n tydrowende proses gewees om met die finale sout-produk op te eindig – dit is hoekom dit so ongelooflik duur was in antieke tye – daar was selfs oorloë geveg oor soutpanne.

·      Sout was gebruik as ‘n geld-eenheid in antieke rome en daar is selfs woorde soos “soldaat” en “salaris” wat afkomstig is daarvan om in sout betaal te word.

·      Om te sê iemand is, of is nie hulle sout werd nie, is dus ‘n baie belangrike manier om te sê of iemand verdien om vergoed te word vir wat hulle gedoen het, soos die plaasjapies wat ko-operasie kuiers het waar jou ander spanlede vir jou stem deur middel van sout.

Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Plaasjapie S2 Ep7
Gallery

Skakel Donderdae om 20:00 in vir Plaasjapie om te sien wie wél hulle sout werd is en wie nie die wa deur die drif kon trek vir nog ‘n week nie. Gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #Plaasjapie te gebruik.

 

Bronne:

·      https://www.history.com/news/off-the-spice-rack-the-story-of-salt

·      https://science.howstuffworks.com/innovation/edible-innovations/salt5.ht