Kry die resep vir financiers, soos voorberei in Edik van Nantes 2, hier.
Bestanddele
120 g amandelmeel
125 g meel
340 g versiersuiker
5 g bakpoeier
330 g eierwit
180 g botter
1 t vanielje-ekstrak
amandels
Metode
Sif die amandelmeel, meel, bakpoeier en versiersuiker saam in 'n mengbak.
Voeg die eierwit by en meng deeglik.
Meng die botter en vanielje-ekstrak by.
Vul 'n silikoon financierkoekpannetjie met die mengsel. (Tradisioneel is financiers ongeveer 5 cm lank, 2,5 cm breed en ongeveer 1,5 cm hoog, maar die grootte kan aangepas word)
Plaas die geskilferde amandel bo-op elke beskuitjie en bak vir 12 minute teen 250˚C.