60 g botter
6 balle lokshen (gebreek) ook bekend as Joodse eiernoedels
¾ koppie suiker
2 l melk
5 kardamom peule
5 kaneelstokkies
Smelt die botter teen ‘n hoë hitte in ‘n groot pot.
Voeg die Kardamom en kaneel by.
Vat die Lokshen-balle en krummel dit in die pot. Braai totdat dit goudbruin is. Roer gereeld.
Voeg die res van die bestanddele by en roer.
Kook vir 30 – 35 minute oor matige hitte en roer gereeld.