kyknet channel logo

Varkskenkelpotjie (Eisbein) – Op pad met my potjie

01 Oktober

Potjiekos

Joalette het dié heerlike varkskenkelpotjie, oftewel eisbein, gemaak tydens die eerste episode van "Op pad met my potjie".

Varkskenkelpotjie
Bestanddele

1 kg Gepekelde varkskenkel/Eisbein

4 Lourierblare

¼ k Karwysaad

Sout

Peper

Aromat

5 Aartappels

650 g Sauerkraut

3 Uie

½ k Jenewerbessies

2 Wortels

1 k Bevrore ertjies

Water

Metode

1.    Voeg water by die potjie, laat dit kook.

2.    Intussen, skil die aartappels, uie en wortels en sny in groot stukke.

3.    Voeg die varkskenkels/Eisbein by die water in die potjie.

4.    Voeg die uie, sout en kruie by.

5.    Indien nodig, voeg nog water by, sodat die vleis bedek is.

6.    Kook vir 30 minute.

7.    Voeg die aartappels, bevrore ertjies, jenewerbessies, wortels en een houer suurkool/Sauerkraut by.

8.    Kook vir ‘n verdere 30 minute tot ‘n uur.

9.    Bedien en geniet.

JBVE Recipe Image Ep 11
Pap en vleis (Test Kitchen-styl) – Jan Braai vir erfenis
2023-06-17

Pap en vleis (Test Kitchen-styl) – Jan Braai vir erfenis