Tydelik Terminaal handel oor hoe ’n twee-en-twintig-jarige honneursstudent, Kittie Claassen, die lewe navigeer ná sy met kanker gediagnoseer word. Dit is haar honneursjaar, en ’n kinkel in haar akademiese kabel gaan beteken dat sy haar toekomsdrome van Pulitzer-prys bekroonde joernalistiek moet uitstel as gevolg van Hodgkin en sy ontydige intree in haar lewe.