web uni tv guide
Plaasjapie

Zanie van Rensburg

Gewese gim-eienaar en deesdae verkoper van sporttoerusting, Pretoria

Zanie is die ma van twee seuns en ’n dogter: Benhard (27), Zanre (24) en HJ (20).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek hou van enige uitdaging, veral van uitdagings waar ek nie presies weet wat om te verwag nie. En ek hou van kompetisie. Fisiese uitdagings is natuurlik my gunsteling. Ek is lief vir die natuur, diere en om buite in die son te wees.

Plaasjapie is een van daardie unieke programme waar jou fisiese, strategiese en emosionele vermoë op die proef gestel word. En die beste deel van Plaasjapie is dat dit in Afrikaans is. 

Eerstens het ek ingeskryf uit nuuskierigheid om te kyk of ek dit so goed sal kan doen as wat ek dink ek kan. Ook om te sien hoe ek op ’n groep vreemde mense van verskillende oortuigings, ouderdomme en ander waardes as ek reageer. ’n Mens het ’n idee in jou kop van hoe jy sal speel en hoe jy sal reageer wanneer jy werklikheidsprogramme kyk. Maar om dit te dink – en regtig self te doen – is natuurlik ’n heel ander storie. 

Tweedens het ek ingeskryf omdat ek graag wou wen. Ek weet ek is my sout werd.

Derdens was dit met die hoop dat julle my sal raaksien as iemand uniek, iemand wat ’n voorbeeld kan wees vir ander en mense kan inspireer om anders te dink oor ouderdom. ’n Mens is nooit te oud om nuwe dinge te probeer nie. Ook dat jy ten spyte van jou ouderdom nog steeds kan kompeteer en kompeterend deel kan neem. 

Kompetisie is lekker en bring karaktereienskappe vinnig na vore. Kompetisie laat mens aanhou om jouself te verbeter. Doen dit oor en oor totdat jy dit beter of vinniger kan doen. 

Ek hou daarvan om mense verkeerd te bewys. Dis mensgemaakte idees dat sekere goed taboe is op ’n sekere ouderdom. I will not let age change me, but I will change the way I age.

En laastens: Hoe lekker moet dit wees om met iemand anders se geld te boer?

2. Beskryf jouself

Ek is energiek, lewenslustig, aktief, positief, eerlik, eenvoudig, opreg en iemand wat lief is vir die lewe en alles met oorgawe doen. Ek glo in God en is dankbaar vir my kans in die lewe om ’n verskil op aarde te maak.

Ek is mal oor sport. Ek neem deel aan alles wat ek kan. Ek hou ook daarvan om dit te kyk. Trailrunning is my gunsteling. Daar kom min dinge naby aan die gevoel om berge op en af te hardloop.

Ek is doelgerig en gee nie maklik moed op nie. Ek pak goed met oorgawe aan en doen niks halfhartig nie. Ek dink ek is ’n goeie voorbeeld van ’n ‘groepsindividualis’. Verder steur ek my nie aan blaffende klein hondjies nie. I don’t sweat the small stuff.

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

Behalwe vir die logiese (my fisiese bydrae) het ek betroubaarheid en hardwerkendheid na die spel toe gebring. Hoewel ek eenvoud in my lewe nog altyd as ’n aanwins beskou het, dink ek dit, tesame met my naïwiteit en onkunde, het my meer benadeel as bevoordeel in Plaasjapie

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek haat kosmaak. Dis moeilik om te kies tussen die feit dat ek nie kan toneelspeel nie of dat ek dit haat om kos te maak. Ek steek dit moeilik weg as mense my irriteer en kan ook nie voorgee dat ek van iemand hou as ek nie van hulle hou nie.

Ek is nie ’n baie goeie luisteraar nie. Ek vat lank om emosioneel oop te maak. Dit vat my gewoonlik langer as ’n dag of drie om raakpunte met vreemdelinge te vind. Ek sal, byvoorbeeld, nie al op die eerste dag persoonlike inligting uitruil nie.

Ek het nie baie simpatie met mense nie. My emosionele mure val maar moeilik met mense wat emosies probeer uitbuit met ongegronde en hartseer stories as gevolg van hul eie swak keuses, diegene wat die hele tyd die victim speel. Sit net ’n valhelm op soos ek.

Stanley Plaasjapie
André Plaasjapie
Zanie Plaasjapie