web uni tv guide
Plaasjapie

#Plaasjapie_André

André Mouton

Padskraper-operateur, Pacaltsdorp naby George

André is al die afgelope 18 jaar met Karen Mouton getroud, en hy is die pa van twee dogters, Kate (17) en Andrea (13).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek’t vir Plaasjapie ingeskryf om myself uit te daag, om uit my gemaksone te kom en om iets aan te pak wat ek nog nooit gedoen het nie. Ek wou vir my kinders wys dat ’n mens enigiets kan aanpak as jy die nodige wil en deursettingsvermoë het.

Dis iets wat ek nooit gedink het ek sou doen nie! Selfs al het hulle my nie vir Plaasjapie gekies nie, sou bloot die feit dat ek ingeskryf het reeds ’n stap in die regte rigting vir myself, asook vir my kinders gewees het.

2. Beskryf jouself

Ek was maar nog altyd die stil, skaam, teruggetrokke outjie wat agter in die klaskamer gesit het en teruggestaan het vir ander persone om eerste te gaan. Selfs al het ek geweet ek kan dinge doen, het ek teruggestaan en was ek tevrede gewees met bloot die gedagte dat ek dit kan doen.

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

Ek is ’n harde werker wat nooit bang is om my hande vuil te maak nie. Maar ek is terselfdertyd baie netjies. Ek het ’n sterk persoonlikheid en kan mense se karakter goed opsom. Ek glo deel van my leierseienskappe is daarin gesetel dat ek ’n goeie voorbeeld stel vir ander en respek vir mense toon.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek vertrou mense te maklik, en ek gee hulle altyd die voordeel van die twyfel. Ek kan nie mense verdra wat blatant lieg en steeds aanhou lieg selfs wanneer hulle uitgevang word nie. Jy kan nie ’n lap om ’n gesonde vinger draai nie.

Zanie Plaasjapie
Anelda Plaasjapie
André Plaasjapie