web uni tv guide
Plaasjapie

#Plaasjapie_Monique

Monique Hobkirk

Somatoloog, Nelspruit

Monique is ’n enkelma met twee kinders: Jake (14) en Amie (11).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het dit gesien as ’n avontuur en iets wat buite my gemaksone is. Toe ek hoor my inskrywing was suksesvol, het dit my doelwit geword om te kyk of ek die miljoen rand kan wen.  

2. Beskryf jouself

Ek is ’n mense-mens, maar ek moet eers my voete rondom vreemdelinge vind. Ek kom wel goed oor die weg met almal en het baie empatie met mense en dit wat rondom my gebeur. Ek het dit op die harde manier geleer. Verder het ek ’n goeie sin vir humor en is altyd gereed vir enigiets.  

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

My sterk punt was my Franse roosterbrood. Dalk ook ’n bietjie botter maak. En brood bak.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek praat soms voordat ek dink.

Milandie Plaasjapie
Pieter Plaasjapie
Monique Plaasjapie