Naam: Kotie
Geboortedatum en ouderdom: 43
Tipe Boerdery: Gemengde boerdery, saai en beeste
Huistaal: Afrikaans
Lengte: 1,74
Hoogste akademiese kwalifikasie: BSc QS
Belangstellings: Saam vriende kuier, Tennis, Braai, Bergfiets, Enige Avontuur
Kinders: Geen
Huwelikstaat: Ongetroud
Dorp en Provinsie: Harrismith, Vrystaat
Vertel ons watter eienskappe jy in jou pasmaat soek:
Ek soek ‘n vrou wat liefde uitstraal en ‘n lus vir die lewe het, wat dinge saam my kan geniet en die lekker dinge net nog lekkerder maak, maar ook die teleurstellings en nie so lekker goed beter maak. Ek soek ‘n goeie lewensmaat.
Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:
Ek is ‘n 43 jarige man, wat ‘n baie groot lus vir die lewe het, ek hou van dinge doen, en dit is vir my altyd belangrik om dit vir ander mense lekker te maak. Ek hou van die buitelewe en alles wat daarmee saam gaan. Vriende en familie is vir my belangrik. Ek speel graag tennis en geniet jag, visvang, fietsry en boer!
Ek het het eers my studies voltooi op kovsies en later in Gauteng as QS gewerk, waarna ek besluit het om terug plaas toe te kom en boer nou met mielies, suikerbone en beeste.
Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?
Om altyd eerlik te wees
Om partykeer maar die minste te wees en jammer te sê
Om bo als lief te wees
Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?
Eerlik
Passievol
Goedhartig
Wat sien jy as jou swakste eienskappe?
Ek oordink soms goed
Stel partykeer goed uit tot op nippertjie
Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:
Ja. Ek sal graag my dame met sonsopkoms, want dit is vir my die mooiste tyd van die dag, wil vat na ‘n mooi uitkykpunt op die plaas waar ek vir haar lekker boere koffie en ontbyt sal maak.
Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis.
Ek was baie lank terug in ‘n 4 jaar verhouding, wat nie uitgewerk het nie, ons wou maar net verskillende goed in die lewe gehad het en meer onlangs in ‘n jaar lange verhouding, wat op ‘n goeie voet beëindig is.