Logo

As jy moeg word vir die lewe in die stad – Ek gee op

Nuus
07 November 2023
"Ek gee op" debuteer op kykNET (DStv-kanaal 144) op Saterdag, 11 November om 20:00. Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.  
Ek gee op article image

Het verkeersknope en die besige stadslewe jou al ondergekry? Het jy al gedroom van ’n lewe sonder ’n gejaag na aardse dinge? Dan moet jy nie die kykNET Storiefilm Ek gee op misloop nie. 

Jacques is ontevrede en gefrustreerd met sy lewe. Hy besluit om sy rugsak te pak, van sy vrou te vlug en op sy eie in die natuur te gaan woon. Dit gaan dalk nie altyd maklik nie, maar hy is doodgelukkig met sy nuwe, sorglose lewe. Maar dan begin hy alleen raak ...

Stiaan Smith speel die rol van Jacques en Christine van Hees is Wilmarie, Jacques se vrou vir wie hy die blaam gee vir sy ongelukkige bestaan. Mienke Ehlers is te sien as Paige, ’n geheimsinnige vrou wat ook ’n lewe in die natuur gekies het. 

Die skrywer en regisseur van Ek gee op is Corné Koegelenberg en dit is buite Wildernis verfilm. 

Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Ek gee op
Gallery

“Toe ek ’n kind was, het my ma gereeld kwaad vir ons geraak en dan skreeu sy: ‘Ek wens ek kan net my goed vat en loop!’. Op ’n dag het ek haar gevra waarheen sy sal gaan en sy het geglimlag en gesê: ‘Ek weet nie, ek sal iewers in ’n woud gaan bly waar julle my nie kan kry nie’,” sê Corné. “As volwassene het ek daardie gevoel begin verstaan; die gevoel as dinge te veel raak en jy net wil opgee en verdwyn. Ek dink heelwat mense ken daardie gevoel.” 

Hy sê hy hoop kykers besef dat mens nooit werklik vir mens se probleme kan weghardloop nie. “Meeste kere volg die probleme jou waar jy gaan omdat jy tien teen een die oorsaak van jou eie probleme is,” sê hy. “Mense is te trots om introspeksie te doen. Hulle sal eerder eksterne faktore blameer vir hulle eie ongelukkigheid. Geluk is nie noodwendig op ’n ander plek nie.” 

Ek gee op debuteer op kykNET (DStv-kanaal 144) op Saterdag, 11 November om 20:00. Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.