Logo
Diepe waters cast
web uni tv guide

Diepe Waters

144Drama13 VL

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Nuus
19 Julie 2024
Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van hul tyd vir hul gemeenskap gee, ter viering van oud-president Nelson Mandela se lewe.
Diepe Waters

Die Diepe Waters- akteurs en produksiespan het hul bydrae gelewer deur in samewerking met die City of Joburg 50 kinders van die omgewing waar Diepe Waters geskiet word te bederf.

“Mandela-dag is daar om die lewe en nalatenskap van oud-president Nelson Mandela te eer, en om na te dink oor Mandela se waardes en beginsels, wat daarop gefokus het om 'n positiewe impak te hê,” sê Roberta Durrant, skepper en vervaardiger van Diepe Waters. “By die ontvangs van die Nobelprys in 1993 het Mandela in sy toespraak genoem dat 'kinders ons grootste skat is'. Dit is dus gepas vir ons as die rolverdeling en span van Diepe Waters om uit te reik na die kinders van die gemeenskap rondom die Coronation-swembad, wat 'n sentrale ligging is vir die verfilming van Diepe Waters.”



Die Diepe Waters-swemtonele waarmee kykers al so goed bekend is, word by die gemeenskaplike swembad in Coronationville, Johannesburg, geskiet. Kinders van een van die kleuterskole in die omgewing is genooi vir ‘n oggend van bederf, wat prettige aktiwiteite, face painting, ‘n springkasteel, warmbrakke en geskenkpakkies ingesluit het.

Werner Coetser (Jacques), Reandi Grey (Anja) en Johnny Potsanyane (Tshepo) was van die akteurs wat saam met die kinders op kinderliedjies gedans het en speletjies gespeel het. Werner, Justin Strydom (Gys) en Dané de Waal (Charity) het in die kombuis hand bygesit om die warmbrakke voor te berei.



“Om saam Werner Coetzer hot dog buns te smeer was wel ‘n bonus, maar om kindertjies se magies te kon vul vandag was die grootste prys!” meen Dané.

“Om die klein mensies vol lewe en energie te sien, gee ‘n mens hoop vir die toekoms,” sê Werner Coetzer. “Net ‘n klein bietjie liefde maak die grootste verskil.”



Almal wat deel van die oggend was, kon nie anders as om dieselfde vreugde en opgewondenheid van die kinders te voel nie.

“Dit was vir my so lekker om die unversiële taal te kan praat – dis is die taal van vreugde en lag. Dis natuurlik ook die unversiële taal van kinders, want hulle wil net gelukkig wees,” meen Reandi Grey. “So dit was net lekker om vreugde saam met hulle te kon deel en tot hul vreugde te kon bydra.”



Diepe Waters bedank City of Joburg vir die inisiatief en dat hulle kon deel wees daarvan om ‘n paar kinders se dag ekstra spesiaal te maak.

Diepe Waters word Maandae – Donderdae 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dis ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.