web uni tv guide

Lig-gerookte kruisskyf (rump) gemarineer in olyfolie, heuning, tiemie en roosmaryn met gebakte patat

02 Desember

Braai

1

Ons kan nie wag om hierdie resep by ons volgende braai te maak nie! 

rump roast 2
Bestanddele

Vir die kruisskryf:

Heel kruisskyf (rump) van ongeveer 2 – 2,5 kg

10 g Gekapte tiemie

30 g Gekapte roosmaryn

30 g Gekapte pietersielie

30 g Gekapte sprietuie

30 g Gekapte knoffel

30 g Uievlokkies

100 ml Olyfolie

30 ml Heuning

Sout

Vars gemaalde swartpeper

1 tot 2 handevol appel-rookhout, wat in water vir minstens 30 minute geweek is

Vir die patats:

10 Patats

Botter

Sout

Swartpeper

Metode

Metode

  1. Steek ’n indirekte vuur ongeveer 45 minute voor jy begin braai aan met ongeveer 15 tot 20 kole per kant. Indien jy die gasbraaier gebruik, voorverhit 20 minute voor jy begin braa vir ‘n medium indirekte vuur.
  2. Meng al die kruie, knoffel, heuning en olie vir die marinade. Sny oortollige vet van die steak en plaas in die marinade vir 2 tot 4 ure. Draai elke nou en dan om om seker te maak dit marineer eweredig. Haal uit die marinade en geur met sout, peper en uievlokkies.
  3. Sodra al die kole ’n fyn lagie as om het of die gasbraai voorverhit is, plaas die vleis in die middel van die rooster. Plaas die rookhout aan weerskante op die kole en maak dan die deksel toe. Die luggat moet oop wees en in lyn met ’n been sonder ‘n wiel. Bak vir 50 tot 60 minute.
  4. Laat vleis vir minstens 10 minute rus voor jy dit opdien.
  5. Vir die patats: Prik die patas en was goed. Plaas op die rooster oor ’n foeliepan en kook vir 45 tot 60 minute. Sny oop en voeg botter, sout en peper by. Jy kan ook ’n bietjie bruinsuiker byvoeg indien jy wil. Bedien warm.
Brisket-11
Toks & Tjops Poster
2019-12-05

12-uur borsstuk met neuthout- en kersie-rook

Gewildste Resepte