web uni tv guide

12-uur borsstuk met neuthout- en kersie-rook

25 November

Braai

Hier is ’n lekker idee vir jou Kersdag-braai!

Brisket-11
Bestanddele

Om die vleis te rook:

12 stukke kersiehout en 12 stukke neuthout (hickory)

Vir die brisket:

1 heel borsstuk (brisket), ongeveer 5 tot 6 kg, skoongemaak, maar het nog van die vet aan die vleis

16 e seesout

3 e swart peperkorrels

3 e fyn koljander

1 e muscavado-suiker

2 gemaalde loerierblare

1 t naeltjies

Vir die smeer:

1 e fyn koljander

1 e paprika

1 e knoffelpoeier

1 e uiepoeier

1 t droë dille

1 t mosterdpoeier

1 t selderysout

1 t pienk peperkorrels

Metode

Om die brisket te maak: 

  1. Begin deur die pekel te maak in ‘n veisel te maak. Maal die peperkorrels, loerierblare en naeltjies fyn. Voeg die sout by en maal om die kristalle kleiner te maak. Voeg die res van die pekel-bestanddele by en meng goed. Smeer die borsstuk met die pekel en plaas in ‘n seëlsak. Plaas in die yskas vir 3 tot vier dae en draai elke 12 ure om.
  2. Haal die borsstuk uit die sak ná die pekelproses en spoel af onder lopende water. Plaas dan die borsstuk in ‘n wasbak en maak vol met genoeg water om die vleis te bedek. Tap water elke 30 minute uit en begin proses weer. Die borsstuk moet vir 1 tot 2 ure week. Haal uit water en vryf droog.
  3. Gebruik weer die veisel en meng die smeer-bestanddele. Smeer oor die borsstuk en maak seker dat die kante en onderkant ook gesmeer word. Jou borsstuk is nou reg vir die Smokey Mountain Cooker.
  4. Plaas ‘n laag Weber-brikette in die kookring van die Smokey Mountain Cooker gevolg deur 12 stukke kersiehout, nog ‘n laag Weber-brikette, dan 12 stukke neuthout en dan nog ‘n laag Weber-brikette. Wanneer jy reg is om te begin kook, maak die Weber Chimney Starter ‘n derde vol met Weber-brikette en steek aan. Wanneer hulle aan die brand is, gooi dit op die lae brikette en hout en rangskik sodat dit in die middel is. Hierdie brandende brikette sal nou stadig deur die lae ander brikette en hout brand wat die kooktyd van die Smokey Mountain Cooker sal verleng en die temperatuur sal reguleer.
  5. Plaas die middel gedeelte van die Smokey Mountain Cooker op die basis en vul die waterpan driekwart met koue water. Plaas die borsstuk op die rooster met die vet kant na bo en plaas die deksel op.
  6. Begin deur al drie die luggate aan die onderkant en die boonste luggat oop te hou. Wanneer die temperatuur verhoog en die hout en brikette wat nog nie brand nie begin brand, kan jy die lugvloei reguleer deur die onderste luggate effens toe te maak. Moet dit nie geheel en al toe maak nie aangesien dit dan die vuur van suurstof sal ontneem. Die boonste luggat moet altyd oop bly.
  7. Hou die watervlak van die pan elke 2 tot 3 ure dop en hou gevul tot driekwart vol. Indien die temperatuur van die Cooker reg is, vul met warm water op. Indien die Cooker te warm is, vul met koue water op. Die ideale temperatuur is 90°C tot 110°C.
  8. Maak borsstuk na ses ure toe met foelie en plaas terug om vir nog ‘n verdere ses ure te bak. Die borsstuk is reg wanneer die temperatuur van die vleis 82°C is.
  9. Laat die borsstuk vir 20 tot 30 minute rus voor jy dit sny.
Beef-Wellington-029
Toks & Tjops Poster
2019-11-18

Bief-wellington

Gewildste Resepte