kyknet channel logo

Kaap-Malay vis burger

15 Augustus

Bedien 4

Braai

4

Kaap-Malay vis burger

Episode 7   Kaapmalay visburger
Bestanddele

1 sopie olyfolie

1 ui gekap

1 rooi soetrissie pitte verwyder en gesny in repies

1 sopie kerriepoeier medium

1 blikkie gekapte tamaties

sout en peper na smaak

4 porsies stokvis vars of gevries

1 200g houer feta kaas

2 tamaties gesny

4 burger rolletjies

vars koljander vir opdiening

Metode

LAAT WAAI:

  1. Plaas jou potjie of vuurvastepan op die vuur, voeg die olyfolie, ui en soetrissie by en braai tot sag. 
  2. Voeg die kerrie by en braai vir 1 minuut, sodat die geur kan ontwikkel, voor dinge begin brand, gooi die tamaties by en meng alles goed en geur die sous met sout en peper.
  3. Voeg die vis by, geur die vis direk met sout en peper, en laat die vis kook en prut vir omtrent 4 minute. Draai die vis versigtig om, geur ook an die ander kant, en laat dit nog 'n paar minute kook tot die vis gaar is dit sal stewig wees en maklik vlok. 
  4. In die laaste minuut wat die vis nog in die pan of potjie is, krummel die feta oor die hele dis en laat dit begin borrel. 
  5. Bou jou burger: rolletjie, vars tamatieskyf, vis (wees versigtig wanneer jy dit opsit, dit kan maklik vlok en breek), sous van die pan of potjie, vars koljander, rolletjie. 
Episode 6   Ansjovis en kappersaad braaibroodjies
Jan Braai
Sub Titel

Ansjovis en kappertjiesaad braaibroodjies

Gewildste Resepte