kyknet channel logo

Ansjovis en kappertjiesaad braaibroodjies

08 Augustus

6 persone

Braai

5

'n Kustelike braaibroodjie

Episode 6   Ansjovis en kappersaad braaibroodjies
Bestanddele

12 snye Brood

Botter

250 g Roomkaas

1 houer Ansjovis filette

2 sopies Kappertjiesaad gekap

200 g Olywe ontpit & rof gekap

1 Rooi ui gesny is skywe

Swart peper

240 g Cheddar Kaas

100 g Dennepitte / Kasjoeneute gerooster & gekap

Metode

LAAT WAAI:

  1. Bou die braaibroodjies: Smeer botter aan een kant van elke sny brood (hierdie kante gaan aan die buitekant van die braaibroodjie wees) Pak helfte van die broodjies neer, dat die botterkant na onder wys. Begin met n laag roomkaas op elke sny brood en volg dan met ansjovis, kappertjiesade, olywe, uie en geur met swart peper.
  2. Bestrooi die broodjies met cheddar kaas en gooi die neute oor die kaas. Maak die broodjies toe, met die ander sny brood se botterkant na bo.
  3. Braaibroodjies is draaibroodjies. Braaibroodjies moet gereeld gedraai word, en die beste is om dit te braai in n toeklaprooster. As jy nie n toeklaprooster het nie, gaan koop een. Jy benodig medium kole en hitte, en plaas jou rooster redelik hoog. Jou doelwit hier is, teen die tyd wat die brood buite bruin en bros gerooster is, moet die kaas heeltemal gesmelt wees, en die res van die broodjie deurwarm,.
  4. Sodra die broodjies reg is, haal hulle van die rooster af, sny in die helfte en eet die broodjies so gou as moontlik
Episode 5   Lamstjops met Songedroogde tamatiepesto
Jan Braai
Sub Titel

Lamtjops met songedroogde tamatiepesto en botter

Gewildste Resepte