kyknet channel logo

Hoendersatay sosaties

Braai

3

'n Oosterse sosatie

Episode 9   Hoender satay sosatie
Bestanddele

1 sopie Olyfolie

1 Ui fyn gekap

2 huisies Knoffel fyn gekap

1/2 teelepel Brandrissiepoeier

1 sopie Bruin suiker

1/2 koppie Grondboontjiebotter

1 sopie Sojasous

1 blik Klappermelk

Metode

MAAK DIE SOUS:

  1. Vrehit die olie in ‘n potjie en braai die ui, knoffel en brandrissie tot sag.
  2. Voeg die bruinsuiker by en braai tot dit begin karameliseer.
  3. Voeg die grondboontjiebotter en soya sous by en meng goed. Voeg nou die klappermelk by, laat dit begin kook, en roer totdat dit n gladde sous vorm. Verlaag die hitte, en laat die sous stadig prut vir omtrent 15 minute.

HOE OM HOENDERSOSATIES TE MAAK EN BRAAI:

  1. Koop ontbeende hoenderdye of borsies en sny hulle in klein happie-grootte blokkies. Geur die vleis met jou gunsteling braaisout en ryg dit op sosatiestokkies.
  2. Braai die sosaties vir omtrent 10 minute oor medium tot warm kole. Die hoender sal begin kleur verander soos dit gaar word.
  3. Bedien die hoendersosaties, bedruip met jou sataysous.

 

Jan Braai recipe image
Jan Braai
Sub Titel

Prima-ribsteak met gebraaide knoffel

Gewildste Resepte