Hierdie heerlike patatpasta is in ’n uitsending van Edik van Nantes 2 voorberei. Kry die resep hier.
Bestanddele
2-3 groot, rou patats
80 g bloukaas
40 g parmesaan
100 g ongesoute botter
2 e pietersielie
roket
suurlemoensap
Metode
Gebruik 'n spiraalsnyer en vorm spirale uit die patats, ongeveer die dikte van normale spaghetti.
Verhit die botter in een groot of 2 kleiner panne.
Voeg die patatspirale by sodra die botter begin skuim en braai vir ongeveer 5-7 minute, tot die patat sag is maar steeds ferm. (Dit is nie 'n krisis as die botter brand nie!).
Voeg pietersielie 30 sekondes voor die einde by.
Verdeel tussen borde en bedek met parmesaan en bloukaas.
Versier met kruie en baie swartpeper.
Indien verlang, meng 2 eetlepels suurlemoensap met 4 eetlepels olyfolie en drup bo-oor.