22 Augustus
Lewer 4 - 6 porsies
Vegetaries
4
Dié resep is tydens ’n episode van Edik van Nantes – Winter voorberei. Probeer dit gerus self.
1 kg Jerusalem artisjokke (skoongemaak en gehalveer)
2 uie (gekap)
250 g groenboontjies (punte afgesny)
1-2 l water (afhangende van diepte van pot)
8 heel knoffelhuisies
75 g botter
100 ml witwyn
knippie neutmuskaat
2 e pietersielie (gekap)
8 repies Parmesaan (dungesnyde)
sout en peper
olyfolie
1. Smelt 50g botter in ’n pot, voeg uie by en braai vir 5 minute.
2. Voeg artisjokke by en braai vir 3 minute.
3. Voeg witwyn, knoffelhuisies en neutmuskaat by en braai vir 3 minute.
4. Bedek met kookwater, sit deksel op en prut vir 8 minute.
5. Voeg groenboontjies en 25g botter by.
6. Verwyder die deksel, voeg sout en peper by en prut vir 8-10 minute.
7. Skep in opdienbakkies en sprinkel met vars pietersielie.
8. Bedien met repies Parmesaan en bedrup met olyfolie.