kyknet channel logo

Omelet vir napoleon

01 November

6 porsies

5

Soos gesien in die vyfde episode van Terwyl ek wag

Omelet – Terwyl ek wag
Bestanddele

3 snye Ciabatta in blokkies gesny

8 eetlepels Druiwepitolie

18 Eiers

Seesout

6 teelepels Botter

Swartpeper grofgemaal

3 eetlepels Vars pietersielie fyngekap

180 g Chevroc (bokmelkkaas in skil) in blokkies gesny

100 g Bronkors/gemende kruieblare

Metode
  • Sny ciabatta in klein blokkies en braai in pan met 2 eetlpl druiwepitolie tot goudbruin, hou eenkant
  • Vee pan uit en verhit 1 eetlpl druiwepitolie plus 1 tlpl botter
  • Klits drie eiers met knippie sout
  • Gooi in pan en beweeg pan versigtig om hele bodem te bedek
  • Strooi 1/2 eetlpl pietersielie oor
  • Gooi 30g blokkies bokmelkkaas oor regterkantse 2/3 van omelet
  • Geur met grofgemaalde swartpeper
  • Plaas handvol bronkors oor middelste 1/3 van omelet
  • Gooi croutons oor regterkantse 2/3 van omelet
  • Gebruik spatula en vou linkerkantse 1/3 van omelet oor middelste 1/3
  • Gly omelet uit tot op bord en bedien
  • Herhaal 5 keer met res van bestanddele
PISTASIE PLAATKOEKIES
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Pistasie-plaatkoekies

Gewildste Resepte