web uni tv guide
Koffieboon
web uni tv guide

Koffieboon

144KosprogramPG
Koffieboon

Oor die program

Kry jou weeklikse koffie-fix saam met aanbieder Johrné van Huyssteen in die nuwe kykNET-reeks, Koffieboon. Unieke koffiewinkels, coffee in a cone en koffieburgers – dit en vele meer is op die koffiespyskaart.

S1 | E13
03 Oktober 01:00
'S1/E13 of 13'. Ons kuier in die Bosveld en is op soek na die 'Koffie-Sprinkbok'. Ons wys jou ook hoe om heerlike kampko...

Koffieboon: Boeretroos op sy beste

News
11 Junie 2018
Aanbieder Johrné van Huyssteen verstaan die behoefte vir ‘n goeie koppie boeretroos vroeg soggens, maar kan hy die perfekte koppie koffie maak? Kom saam met hom en leer meer oor koffie.
Koffieboon

Koffieboon is ’n splinternuwe kykNET-reeks wat gaan oor alles wat koffie aanbetref. Ons gaan hierdie spesiale drankie, én die brou van dié lekkerte, van naderby beskou. Unieke koffiewinkels, ’n kuier by bobaas baristas en geselsies met getroue verbruikers is op die spyskaart. Kom saam ons op reis deur Suid-Afrika om meer te leer van hierdie eeue oue bekoring as ook die hart wat daarmee saamgaan.

Johrné is ’n reeds bekende gesig op kykNET – hy is een van die aanbieders van GROOT Ontbyt, wat weeksoggende om 06:00 uitgesaai word. Hy is ook bekend vir sy rol as radio-omroeper van OFM. Verder is hy ook een van die stigterslede van die groep ddisselblom, en was vir vyf jaar aanbieder van die musiekprogram Gons op kykNET en MK.

Benewens sy radio- en TV-loopbaan is hy ook ’n gesoute joernalis, wat vir die Volksblad en DEKAT-tydskrif gewerk het. Hy tree gereeld op as seremoniemeester vir korporatiewe geleenhede en by kunstefeeste.

Om jou ’n idee te gee van wat voorlê in die reeks: Johrné proe spesiale Viking-koffie en smul aan ’n koffieburger by Industrial Coffee Works, ’n kreatiewe koffiewinkel in die hartjie van Gauteng. Die span maak ’n draai in Soweto waar fotografie en koffie sinoniem is met mekaar en wys jou hoe coffee in a cone een van die wêreld se gunstelinge geword het. Koffiesjokolade by 44 Stanley is op die lysie om te proe, gevolg deur ’n besoek aan die omgewingsvriendelike Coffee Talks net buite Bloemfontein.

As jy gedink het jy weet baie van koffie, gaan Koffieboon jou twee keer laat dink. Vars en met ekstra skop – nes die perfekte koppie boeretroos.

Vir 'n voorsmakie van dié opwindende titel, kliek hier.

Kry jou kykNET koffie-fix Woensdae om 17:30 vanaf 4 Julie op kykNET DStv kanaal 144.

Nog Programme

Op pad met my potjie

Op Pad Met My Potjie

21:30 | 11 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
Prontuit

Prontuit

21:00 | 13 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
Oppi Kassie

Oppi Kassie

21:30 | 14 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144
Vat jou goed en trek S11 Poster

Vat Jou Goed En Trek

17:30 | 15 Nov
web uni tv guide
Kanaal
144