web uni tv guide
Hotel S5 Slim
KV2 Deelnemer Thynette Dannhauser10

Thunette Dannhauser

Ouderdom: 48
Tuisdorp: Pretoria
Beroep: Huisvrou|Diereredder|Kunsvlyter

Hoekom dink jy is jy ’n goeie kandidaat vir die kykNET-program Kunsvlyt?
Ek is absoluut mal oor kunsvlyt. Ek het die eerste program ongelooflik geniet en was verbaas oor hoe vinnig die deelnemers aan iets kon dink en dit dan doen.

Ek sal graag myself ’n bietjie wil uitdaag met iets nuuts. En natuurlik om in ’n winkel soos die Kunsvlytwinkel in te kan loop en net te kan vat moet soos ’n droom voel.

Watter tipe kunsvlyt doen jy en wat geniet jy die meeste?
Ek doen mosaïek, decoupage en doen ook partytjies – veral kinderpartytjies. Ek kombineer my mosaïek en decoupage met die herstel en mooimaak van meubels. Dit sluit ook in verftegnieke, maar ek moet erken, ek is nie mal oor die verf nie, maar dit moet gedoen word. Ek het ’n  Cameo-masjien waarmee ek die mooiste goed maak vir kinderpartytjies. Ek geniet mosaïek die meeste.

Hoe gereeld doen jy kunsvlyt?
Amper elke dag.

Watter ander stokperdjies beoefen jy?
Ek hou van naaldwerk doen. Ek lees graag en is mal oor ’n mooi fliek.

Wat is die grootste passie in jou lewe?
Diere en kunsvlyt.

Vertel ons meer van jou gesin/familie.
Dis net ek en my man. Ons deel ons huis met rescue-honde en -katte. Ek is elke dag betrokke met rescuing wat emosioneel baie van jou vat. Ons het ook die voorreg gehad om ’n Timberwolf te hê. Sy naam was Ekanga en hy was my hart se punt; maar ek moes hom ongelukkig 5 Desember 2017 laat uitsit as gevolg van kanker. Dis nog ’n rede hoekom ek graag aan Kunsvlyt 2 wil deelneem; net om op iets anders te fokus.