web uni tv guide
Hotel S5 Slim
KV2 Deelnemer Jarius Senekal9

Jarius Senekal

Ouderdom: 25
Tuisdorp: Port Elizabeth
Beroep: Jong entrepreneur (eienaar van ’n klein besigheid)

Hoekom dink jy is jy ’n goeie kandidaat vir die kykNET-program Kunsvlyt?
Ek dink ek is ’n goeie kandidaat vir die program omdat ek uit niks uit iets kan skep. Weggooigoed is my wins.

Watter tipe kunsvlyt doen jy en wat geniet jy die meeste?
Houtwerk en verf – meestal kerf, sny en verf. Om te sien hoe ek uit ’n rou plank iets kan skep en hoe dit op die einde uitkom.

Hoe gereeld doen jy kunsvlyt?
Elke dag. Ek studeer ook deeltyds.

Watter ander stokperdjies beoefen jy?
Ek luister musiek. Ek skryf ook graag lirieke vir liedjies wat dalk gebruik kan word in die toekoms. Ek doen voorsang by die kerk en kuier graag saam vriende.

Wat is die grootste passie in jou lewe?
Om ander, eerder as myself, te verryk. Om myself te inspireer om aan te hou vir dit wat ek bestem is om te wees. Ek is ’n Koningskind en streef om só te leef. Om altyd nuwe dinge aan te pak en nie te stagneer nie.

Vertel ons meer van jou gesin/familie.
Ek het ’n sussie Bernidell en my  ouers  is James en Adel. Ons hou van kamp, geleenthede skep vir braai en om te kuier saam met mekaar, asook vriende. Ons is mense-mense en hou van die natuur. Almal van ons werk en bly in Port Elizabeth.