‘n Tandoor is ‘n klei-oond wat tradisioneel in die Indiese kookkuns gebruik word. Tandoori verwys na enige kos wat in ‘n tandoor voorberei is.
Bestanddele
16–20 Lamtjops
500 ml Gewone jogurt
2 sopies Tandoori masala / Tikka masala
1 sopie Suurlemoensap
1 sopie Knoffel & Gemmer opgekap
Sout
Metode
Verwyder oortollige vet van die tjops, maar los darem ‘n bietjie vir smaak.
Berei die marinade deur die jogurt, masala, suurlemoensap, knofel en gemmer in ‘n bak saam te meng. Gebruik jou skoon hande of ‘n lepel om die tjops in die marinade rond te rol. Maak seker dat hulle met die sous bedek is.
Los hulle ‘n paar ure of ‘n dag om te marineer.
Braai oor warm kole (maar nie te warm nie) vir omtrent 10 tot 12 minute tot tussen medium-rou en halfgaar waar lamstjops die lekkerste is. Maal sout oor albei kante van die tjops terwyl hulle braai