kyknet channel logo

Groenslaai met haloumi en heuning

07 Desember

6 persone

Slaai

3

Perfek vir ’n ligte middagete of vegetariese hoofgereg

GROENSLAAI
Bestanddele

Druiwepitolie

180 g Jong spinasieblare

100 g Roketblare

4 snye Ciabatte in blokkies gesny

400 g Haloumi in 16 repe gesny

Seesout

Swartpeper grof gemaal

16 Jong tamaties

1 Suurlemoen se sap

4 eetlepels Heuning

2 eetlepels Pietersielie fyn gekap

Metode
  • Verhit 2 eetlpl druiwepitolie in pan
  • Voeg broodblokkies by en roerbraai tot goudbruin
  • Verwyder uit pan en hou eenkant
  • Vee pan uit
  • Rangskik spinasie en roket op 6 goot borde
  • Strooi croutons oor
  • Verhit 2 eetlpl olie in pan
  • Braai helfte van haloumi oor medium hitte tot goudbruin aan albei kante
  • Geur liggies met sout en peper, hou eenkant, herhaal proses
  • Verhit 1 eetlpl olie in pan, voeg tamaties by braai vir 1 minuut
  • Rangskik haloumi en tamaties op groenslaai
  • Voeg 4 eetlpl olie saam met die heuning en sap in warm pan
  • Klits met rubberklitser oor medium hitte vir 30 sekondes
  • Geur met sout en peper
  • Drup oor slaai
  • Garneer met pietersielie
Eiendomkoekies
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Eiendomskoekies

Gewildste Resepte