kyknet channel logo

Aartappel- en spekboomslaai

15 November

Slaai

4

Soos gesien in Terwyl ek wag

Spekboomslaai – Terwyl ek wag
Bestanddele

700 g Jong aartappels

1 koppie Druiwepitolie

1 Groot rooi ui grofgekap

150 g Gemengde vars blare soos roket, basiliekruid, jong spinasie en bronkors

80 g Spekboomblare

6 Sprietuie grofgekap

6 eetlepels Pekkanneutolie

1 teelepel Rissie olie

1 eetlepel Bruinsuiker / Heuning

3 eetlepels Wynasyn / Appelasyn

Seesout

Swartpeper grofgemaal

Metode
  • Kook aartappels in liggies gesoute water tot net gaar, dreineer en laat afkoel, verwyder skil en krap aartappels liggies met vurk
  • Verhit druiwepitolie in dieperige pan, braai aartappels tot goudbruin, dreineer op kombuisdoek
  • Rangskik blare op groot opdienbord, rangskik aartappels bo-oor
  • Strooi met spekboomblare en sprietuie
  • Verhit 3 eetlpl pekanneutolie en rissie-olie met gekapte ui in ander pan, braai vir 3 minute, roer orige 3 eetlpl pekanneutolie by, ook heuning en asyn, verwyder van hitte, geur met sout en peper
  • Skep warm sous oor slaai en bedien

Gewildste Resepte