Tydens ’n episode van Kampkos het Simoné Nortman gebraaide toffie-en-piesang-poeding voorberei. Kry haar resep.
Bestanddele
6 piesangs
50 ml sagte bruinsuiker
45 ml goue stroop
45 ml dik room
vanielje-ekstrak
vanielje-roomys
1 pak marshmallows
braaistokkies
Metode
Braai die piesangs in hul skille oor matige kole tot hulle swart raak. Onthou om die piesangs te draai sodat albei kante hitte kry. (Die piesangskille sal moontlik ook selfs oopbars).
Meng alle bestanddele vir die sous in 'n souspan en verhit totdat botter en suiker gesmelt is.
Onthou om die mengsel voortdurend deeglik te roer.
Sodra die piesangs van die rooster afgehaal word, laat dit effens afkoel en skil dan die piesangs af.
Ryg marshmallows op stokkies en braai todat die buitekant liggies gesmelt is.
Druip die toffiesous oor die gebraaide (en geskilde) piesangs en bedien saam met die gebraaide marshmallows en roomys.