Probeer gerus Eden Classens se koeskoes-slaai met beesfillet self.
Bestanddele
500 g koeskoes
3 soetrissies groen, geen en rooi
150 g pekanneute
120 g roketblare
120 g roosmaryn
komkommer
150 g fetakaas
1 avokadopeer
300 g beesfillet
125 ml olyfolie
sout
peper
suurlemoen
Metode
Begin deur water te kook.
Wanneer die water by kookpunt kom, gooi dit by die koeskoes. Meng deeglik met ’n vurk sodat al die koeskoes genoeg vloeistof kan ontvang. Laat staan vir ’n paar minute sodat dit koeskoes die water goed kan absorbeer.
Meng die koeskoes, opgekapte groen, geel en rooi soetrissies, komkommer, en heel pekanneute.
Neem die roosmaryn en roketblare en skeur dit in kleiner deeltjies. Voeg by slaai mengsel en meng deeglik.
Neem die gesnyde avokado en bou ’n klein toring bo-op die slaai.