Tjaart is’n boerbok-boer, koffiewinkel-eienaar en kreatiewe kok van Stilbaai. Hy is opgelei as ’n sjef by die befaamde Institute of Cullinary Arts in Stellenbosch en het al onder bekende Suid-Afrikaanse kosghoeroes soos Darren Badenhorst, Bertus Basson en Herman Lensing gewerk.