web uni tv guide
Diepe waters S3 Slim BB
web uni tv guide

Diepe Waters

144Telenovela13

Liam Bosman loer weer in by Diepe Waters

Nuus
16 Oktober 2024
Liam Bosman maak 'n kort maar opwindende terugkeer na kykNET (DStv-kanaal 144) se telenovela, Diepe Waters, as Johan, ‘n karakter wat kykers na aan die hart lê.
Diepe waters

Nadat hy vertrek om sy swemloopbaan in Amerika voort te sit, keer Johan vir ’n beperkte tyd terug na Suid-Afrika, maar sy terugkeer word veroorsaak deur ’n tragedie. Sy biologiese ma, Theresa (Mandi Baard), was in Woensdag se episode van Diepe Waters die teiken van 'n gewelddadige aanval deur haar eksman, Wessel (Francois van Rensburg), wat haar probeer verdrink. Nadat hy verneem het van die amper noodlottige voorval, het hy dadelik gereis terug Suid-Afrika toe om haar by te staan.

Vir Liam was dit heerlik om herenig te word met sy mede-akteurs. “Ek het die span baie gemis en dit was ‘n fees om weer te kon speel met almal. Daai mense gaan altyd familie wees vir my,” vertel hy.



Dit voel vir Liam natuurlik om weer in Johan se skoene te stap, al het die karakter sedert sy vertrek gegroei. Johan keer nou terug, meer gemaklik met sy omstandighede en gereed om nuwe uitdagings aan te pak.

Sedert hy Diepe Waters verlaat het, het Liam aan verskeie ander projekte gewerk. Hy het onlangs die rol van Markus in Een Keer om die Son vertolk. Al is hy geheimsinnig oor ander komende projekte, bring sy terugkeer na Diepe Waters ‘n nuwe dinamiek na die reeks.



Wat Johan se toekoms betref, hou Liam kykers aan die raai met moontlike romanse en verdere komplikasies vir sy karakter. Kykers kan uitsien na watter storielyn vir Johan wag gedurende sy tydelike terugkeer.

Diepe Waters word Maandae tot Donderdae 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dis ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.